

WELCOME
to Querencia Ministries/ Bediening NPO 252-461
OOR QUERENCIA BEDIENING
Ons Visie en Missie
Vissie en Missie
Querencia Ministries is in Februarie 2018 gestig. Pastoor Kobus Erasmus het n visie gehad vir n kerk wat vir stukkendes, verlorenes en seermaaktes sal wees. Hy wou n plek he waar almal tuis en welkom sou voel, maar bowenal geliefd.
Ons missie is om kontak te maak met elke siel wat deur ons deure stap, ons wil he elke enkele persoon moet voel dat hulle n plek het waar hulle hoort.
Ons moto is "Loving God, Loving each other"
WELKOM BY QUERENCIA BEDIENING










ONS AANBOD
Besprekingsproses
Leer oor ons eenvoudige besprekingsproses en verseker jou gewenste datum en tyd vir jou geleentheid.

Querencia Sondag Skool
As jy met kinders, tieners en naskoolse jeug werk, is hierdie die plek om bronne te deel en saam te dink oor geloofsvorming. Maak gebruik van die bronne en idees op hierdie blad en stuur vir ons jou idees en hulpmiddels en verhale van hoe dit in jou gemeente/gemeenskap werk. Ons deel liturgie, materiaal, resensies, hulpbronne en verhale van bedienaars in jeug en familie bediening met ander bedienaars. Ons glo kinders en familie is vir God belangrik en daarom is dit vir ons belangrik om te deel hoe God op verskillende, kreatiewe, unieke manier in verskillende, kreatiewe, unieke gemeentes en gemeenskappe werk.
Waar Christelike groei plaas vind en God ons Standpilaar is.

Gebeds Netwerk
Gebed is die hartklop van ons verhouding met die Here en integraal deel van ons gemeente wees.
Ons Whatsapp gebedsgroep is die sentrale punt waar ons gebed koodineer en kragtig saam bid.
Stap Klub
Querencia is 'n Voetslaanklub, wat gewoonlik een keer per maand, ten minste 'n Naweek stap gaan doen. In die meete gevalle is dit basiskamp. Daar is soms 'n 2de hut op die gronde, wat dan vereis dat dit 'n rugsak roete word en dan stap ons tussen die hutte/verblyf met jou volle rugsak. Gewoonlik is daar een keer per jaar 'n langer (as net 'n naweek) stap soos bv. die Visrivier of Fanie Botha stap. Vroeg Desember is die klub se jaar jaarafsluiting wat 'n Groot kuier/eet geleentheid is, waat die jaar se toekennings soos stapper van die jaar en foto wenners ook aangekondig word
Ons vroue – die pilare van ons gemeenskappe
“Vroue speel ’n baie belangrike rol in ons verskillende gemeenskappe, waarvan die grootste sekerlik diensbaarheid is. Daarom is dit belangrik dat ons geleenthede moet skep waar ons vrouelidmate hulself geestelik moet kan verryk en toegerus kan word vir die uitdagings in die lewe.”
Pastoor Kobus Erasmus

Pastoor Erasmus is al meer as 30 jaar in die bediening en is ook n gekwalifiseerede Sielkundige en Pastorale Berader.
Bank Besonderhede;
Querencia Ministry NPO
FNB Centurion
Rek nr; 62 895 517 020
tak kode; 250 655
Tjek Rekening
Querencia
Trauma, Huwelik, Egskeiding, Depressie, Gesinsdinamika, Angs & Verslawing






Lofprysing, Skrif, Liedboek & Lofgebede

1
Laat ons jubel
Kom, laat ons voor die Here jubel,
laat ons juig tot eer van die rots wat ons verlos.
Laat ons tot Hom nader met dankliedere,
met lofgesange juig tot sy eer.
Psalm 95:1-7
Bybel — 2020 Vertaling
2
Aan God kom toe
Aan God kom toe ons lofgesange.
Ons word verhoor in ons gebede.
Hy kies ons uit om in sy genade
in sy huis te woon,
Hy wys ons daar sy troue dade.
Psalm 65 – Liedboek van die kerk.
Neem my lewe
Neem my lewe,
laat dit, Heer
Neem my lewe, laat dit, Heer,
U gewy wees meer en meer.
Laat my hart gedurig juig
en van dankbaarheid getuig.
Neem my stem en laat my sing
— aan U Here, hulde bring.
Laat my mond dié boodskap dra:
Hul sal vind wat na U vra.
Lied 308:1,3
Liedboek van die kerk
3
Jesus en die kindertjies
Jesus het die kindertjies nader geroep,
hom tussen hulle gestaan en gesê:
―Amen. Ek sê vir julle,
as julle nie verander en soos kindertjies word nie,
sal julle beslis nie
in die koninkryk van die hemele ingaan nie.
Matteus 18:2&3

Lofprysing, Skrif, Liedboek & Lofgebede

4
Lof aan God
Describe your service here. What makes it great? Use short catchy text to tell people what you offer, and the benefits they will receive. A great description gets readers in the mood, and makes them more likely to go ahead and book.
5
God wil ek loof
God wil ek loof met alles wat in my is,
ek wil Hom prys omdat Hy goed vir my is.
Ek sal sy goedheid altyd bly onthou.
Hom wil ek prys vir al sy goeie dade.
Hy wat vergifnis skenk deur sy genade.
Sy Naam is heilig en Hy is getrou.
Psalm 103
Liedboek van die kerk
6
Hulde aan koning Jesus
Here Jesus, ons aanbid U as Erekoning.
U is die ewige Koning
voor wie die hemelliggame in aanbidding Uitroep:
―Heilig! Heilig! Heilig!‖
ʼn Lieflike offer aan God, p. 72 — Solly Ozrovech
Lux Verbi.BM

KONTAK ONS
Kry In Kontak
Berading word verskaf in n veilige, respekvolle en ondersteunende omgewing deur sorgsame en professionele Beraders
Kom ons help jou
Whatsapp vir Konsultasie
083 453 1660





